Please send any comments or articles you would like to publish to info@papegaaiberg.org
N2-padwerke en grypdiewe
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Monday, 30 November 2009 21:27
- Hits: 7636
Die volgende is geneem uit Die Burger, 3 Oktober 2009.
Grypdiewe teiken motoriste wat wag. 'Talle voorvalle' in druk verkeer, maar polisie is nêrens te sien.
Jana Breytenbach, Kaapstad
Die padverleggings op die N2 trek grypdiewe oënskynlik soos 'n magneet aan terwyl motoriste in stop-ry-verkeer vasgevang sit.
Me. Jackie Pienaar-Brink, 'n oudjoernalis van Die Burger, was gister een van die jongste slagoffers op die N2.
Pienaar-Brink was omstreeks 11:40 van Kaapstad na Somerset-Wes onderweg. Net buite Kaapstad, naby die Guguletu-afrit by 'n padvernouing weens die padwerk op die N2, was sy tussen verskeie ander voertuie in stop-ry-verkeer vasgevang.
Haar handsak was buite sig onder die voorste passasiersitplek, maar 'n verslete rugsak - met twee woordeboeke en twee WegSleep-tydskrifte in - het op die voorste sitplek gelê.
Toe sy 'n netjies geklede jong man stadig tussen die voertuie sien deurstap, het sy besef wat kom.
Op feitlik dieselfde oomblik dat sy haar handsak op die grond gegryp en by haar voete neergesit het, het die man 'n ysterstaaf onder sy trui te voorskyn gebring.
Die man het die passasiersruit uitgeslaan en die rugsak op die passasiersitplek gegryp. Die misdadiger het soos blits oor die pad gehardloop en spoorloos verdwyn.
Twee mans in 'n bakkie agter Pienaar-Brink het stilgehou. Hulle het gesê hulle ry bykans elke dag dié pad en dat hierdie soort voorvalle byna daagliks op dieselfde plek plaasvind. Die polisie is egter nooit daar te sien nie, het hulle bygevoeg.
Die ander padverleggings op pad na Caledon is blykbaar ook gewild onder dié soort misdadigers.
Kapt. Marie Louw, 'n polisiewoordvoerder, het bevestig dat dié soort voorvalle op die N2 wel plaasvind.
Sy het motoriste gemaan om baie versigtig te wees by padwerk waar daar vernouings is, asook by groot kruisings soos Vanguardrylaan en Modderdamweg.
Volgens Louw slaan die grypdiewe gewoonlik in spitsverkeer toe.
"Weeliebin" vermis?
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Saturday, 03 October 2009 18:21
- Hits: 7763
Ons het Dinsdag ‘n munisipale “wheeliebin” , wat by iemand gesteel moes wees, met ou komberse en plastiekbottels binne op die hoek van Adelaar en Hamerkop gekry.
Die Buurtwag het nie enige aanmeldings van ‘n gesteelde drom gehad nie.
...as iemand se drom gesteel is, kan hy maar die drom by ons, Patrysstraat 20, kom haal.
Groete
Julian Kruger
Tel: 0218839148 (H)
Reports on Security and Solid Waste Management
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Thursday, 17 September 2009 06:12
- Hits: 7452
Please follow the links below for reports received concerning:
Neighbourhoodwatch workshop and crime prevention for 2010
&
Solid Waste Management
Introduction to Outdoor Lighting
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Wednesday, 19 August 2009 17:53
- Hits: 7814
A nice article from www.homesecurityguru.com about lighting for your home.
See the attached document.
New comment feature
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Tuesday, 11 August 2009 06:30
- Hits: 8724
Hi, we have added a new feature at the bottom of all articles. Now you can comment on the article or subject by clicking on the Add your comment link on the bottom right of the article text. Please let us know at This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. if there are any problems.
Regards, Papegaaiberg.org
Mailing list & WhatsApp Group
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Thursday, 04 June 2009 14:39
- Hits: 11725
(English follows below)
__________________________
Die doel van hierdie lys is om:
1. Kommunikasie tussen persone en groepe wat belange het in en om Papegaaiberg te bevorder en te vergemaklik.
2. 'n Enkele eposlys daar te stel wat maklik opdateerbaar is.
Let asseblief op die volgende:
Die lys van adresse is privaat en slegs sigbaar vir die lysbestuurder. Geen adresse sal ooit uitgegee word of sigbaar gemaak word sonder die adres-eienaar se toestemming nie.
Die lys word gemodereer om die aantal eposse op die lys te beperk en om die doel van die lys te verseker.
U kan gerus persone verwys na hierdie webtuiste waar hulle self sal kan inteken op die lys, of alternatiewelik kan ek direk gekontak word.
Kontak ons gerus as daar vrae en/of voorstelle is.
Vriendelike groete,
Warnich Rust - Lysbestuurder
__________________________
Dear Reader,
The purpose of the list is to:
1. Facilitate and improve communication between interested parties in Papegaaiberg and surroundings.
2. Have a single email list that can be easily updated.
Please note the following:
The addresses subscribed to this list is private and only visible to the list administrator. Under no circumstances will any email address on this list ever be made public without the consent of the email address owner.
This list is actively moderated to control the amount of email traffic on this list and to ensure that the purpose of this list is protected.
Should you know of other persons who like to subscribe to this list, please point them to the website listed above or have them contact me directly.
Please do not hesitate to contact us should there be any questions or suggestions.
Kind regards,
Warnich Rust - List Administrator
Did you know: Papegaaiberg name
- Details
- Category: Uncategorised
- Published on Wednesday, 03 June 2009 10:53
- Hits: 6671
Did you know:
The mountain, Papegaaiberg, is named after the clay pigeon ('papegaai' in Dutch) shoot, held to commemorate the the birthday of Governor Simon van der Stel in the late 1700s.